Monday, October 18
Cape Town
15.2°C

SON: Tygers bly wen

SON: Tygers bly wen

https://www.son.co.za/Sport/tygers-bly-wen-20210419

Tygers bly wen

UITBLINKERS: Ettienne Botha en Tyrone Milne nadat hulle ingekom het vir Tygers ná ’n puik hou deur Robbie Clarke.  ~ Verskaf

BELLVILLE Tygers het VOB dié naweek in ’n opwindende baseball-wedstryd met 6-2 geklop.

Dié wedstryd op Bothasig se veld het uit die staanspoor spel van topgehalte opgelewer.

Dit was ook vroeg duidelik dat VOB sterk teenstand sou bied.

Bellville se pitchers was enduit op hul stukke en het die VOB-kolwers met akkurate gooiwerk in toom gehou.

Marcel Steyn en Jake Slaughter het elk twee beurte gegooi en Lloyd Stevens drie.

Oorgeneem

Tyrone Milne, Clayton Manuel, Jaime Lang, Jonathan Phillips en Robbie Clarke het almal stewige vertonings met die kolf gelewer.

Milne en Manuel het elk 1-1 gekolf, Lang 2-4, Phillips 1-2 en Clarke 1-3, wat 2 RBI’s (runs batted in) ingesluit het.

Die jong Josh November het goed gegooi vir VOB en Derrick Bayliss, ’n SA gooier, het by hom oorgeneem en ook goed gegooi.

Tygers speel dié naweek weer teen VOB, maar dié keer op Helderberg Pirates se veldein Somerset-Wes.

Dit sal die hoofwedstryd wees ná die vroeë wedstryd tussen Helderberg Pirates en Durbanville Villains.

Daarna kom die winter­onderbreking aan die beurt voordat die spelers in Augustus na die veld terugkeer vir die nuwe seisoen.

Leave a Reply