Sunday, October 13
Cape Town
°C

SON: Toets vir Tygers in Bothasig

SON: Toets vir Tygers in Bothasig

https://www.son.co.za/Sport/toets-vir-tygers-in-bothasig-20210414

tygers

BULSPAN: Bellville Tygers se span is gelaai met swaargewigte. Agter (van links) is Tyler Engeldoe, Paul van der Merwe (afrigter), Lukas McKenzie (afrigter), Kevin Leak (gooiersafrigter), Dayton Williams, Pieter Kemp, Marcel Steyn, Enrice Morton, Robbie Clarke, Alan Phillips (afrigter) en Bles Kemp (afrigter). MIDDEL: Rohan Barnard, Jordyn Riffel, Tyrone Milne, Ettienne Botha, Jaime Lang, Conrad Barnard. VOOR: Quinn Mckenzie, Clayton Manuel, Jonathan Phillips, Lloyd Stevens en Lyle Mckenzie.  ~ Foto Verskaf

 

Deur Hannes SchoemanDonderdag, April 15, 2021 21:00

’N GEKOMBINEERDE span van Bothasig, VOB en Athlone pak die sterbelaaide Bellville Tygers-baseball-span Saterdag op Bothasig se velde.

Bles Kemp, oud-Springbok-kaptein en afrigter, sê weens die Covid-pandemie word net die groot franchises toegelaat om teen mekaar te speel.

“Ons speel dus maar teen mekaar en maak die beste daarvan,” sê hy.

Daarna kom die winter­onderbreking aan die beurt voordat die spanne hulle in Augustus weer begin voorberei vir die ligas wat normaalweg in Oktober begin.

Inspuiting

Kemp sê ná die Tygers se suksesvolle toer dié naweek in die Oos-Kaap, beplan hulle om die Tygers en OP jaarliks teen mekaar te laat speel.

“Die OP kom in September Kaap toe en dan reis die Tygers weer in September 2022 Baai toe.”

Dié besluit is ’n groot inspuiting vir die OP se jong en senior spelers om hulle jaarliks teen die room van Suid-Afrika se spelers te toets.

Dit kan dalk net daartoe bydra dat OP weer soos in die verlede roemryke Proteas kan oplewer.

Leave a Reply