Sunday, July 3
Cape Town
12.8°C

Tygers grom, maar Giants blom

Tygers grom, maar Giants blom

https://www.son.co.za/Sport/tygers-grom-maar-giants-blom-20220117

DIE Maitland Giants-bofbalspan van het vir ’n groot opskudding gesorg deur die voorloper, Bellville Tygers, te klop.

Dis die Giants se tweede sege die naweek nadat hulle ook Saterdag Athlone Athletics op hul tuisveld in Van­gate, met 6-5 uitoorlê het.

Maar as dié opskudding in die Cape Town Major League-stryd nie genoeg was nie, het Helderberg Pirates ook hulle stem dik gemaak met twee seges oor die naweek. Die span van Durbanville het Saterdag met 19-6 deurgeloop voordat Athlone Sondag naelskraap met 6-5 ore aangesit is.

Die kragmeting is eers in die 10de (ekstra beurt) beslis. Dit was Cassius Vlok (3-5) wat die wenlopie met die telling op 5-elk, vir Pirates ingebof het.

Kevin Costigan, Kieran Clackett en Justin Smith (2-4) het vir die tuisspan met die kolf uitgeblink.

Gooiers

Darren Chalmers, wat 26 kolwers getrotseer het en vier houe afgestaan het, en Clackett wat twee houe prysgegee het en vier kolwers uitgebof het, het die gooiwerk vir Pirates gedeel.

Athlone se gooiers, Mathew Diedericks (6 houe) en Cameron Fortuin (7 houe), kon nie die tuisspan in toom hou nie.

Uitslae:

MAJOR LEAGUE

Helderberg Pirates 6, Athlone A’s 5; Maitland Giants 4, Bellville Tygers 3; Durbanville Villians 6, Bothasig Knights 37.

MAJOR LEAGUE RESERVES

Helderberg Pirates 3, Athlone A’s 23; Maitland Giants 5, Bellville Tygers 4; Durbanville Villians 8, Bothasig Knights 14.

PROMOTIONAL LEAGUE

Grassy Park Crusaders 15, Lavender Hill 0; Thistle 15, Milnerton Mavericks 0; Westridge Yankees 12, Battswood 2.

Saterdag

MAJOR LEAGUE

Bothasig Knights 14, VOB 7; Durbanville Villians 6, Helderberg Pirates 19; Athlone A’s 5, Maitland Giants 6.

Leave a Reply