Saturday, April 20
Cape Town
°C

Tygers wys weer tande

Tygers wys weer tande

https://www.son.co.za/Sport/tygers-wys-weer-tande-20211206

DIE bofbalspan van Bellville Tygers het sy onoorwonne status in die Cape Town Major League behou.

Hy het Saterdag op die Vanguard-sportterrein in winderige toestande Athlone Athletics met 6-5 geklop.

Alan Phillips (afrigter) se span het met 3-0 in die vierde beurt voorgeloop waarna die A’s in hul tweede kolfbeurt met twee lopies teruggeslaan het. Dean Groenewald het ’n veilige rushou gemoker wat die twee lopies opgelewer het.

Maar dit was die kanonkolwers van Bellville wat hul oorheersing tot dusver in die kompetisie verseker het. Dit was veral Tyrone Milne (1-2), Chris Beyers (1-4) en Clayton Manuel wat onder die tuisspan se gooiers ingeklim het.

Cameron Fortuin en Dean Jacobs het die gooiwerk vir Athlone behartig.

Kevin Townend het die gooiwerk vir Bellville begin en is ná vier beurte deur Lloyd Stevens vervang.

Stevens is in die laaste beurt met Jonathan Phillips vervang.

Dean Groenewald (2-4), Ray Wilkinson (2-4) en Jason Carelse (2-5) was Athlone se beste kolwers.

Uitslae:

Major League

Bothasig Knights 13, Maitland Giants 3; Athlone A’s 5, Bellville Tygers 6; Durbanville Villians 8, VOB Macaws 19.

Major League Reserve

Bothasig Knights 5, Maitland Giants 6; Athlone A’s 5, Bellville Tygers 0; Durbanville Villians 2, VOB Macaws 12.

Promotion League

Grassy Park Crusaders 5, Battswood 7; Thistle 13, Lansdowne Eagles 10.

Leave a Reply