Sunday, July 3
Cape Town
12.9°C

Tygers ransel Bothasig af

Tygers ransel Bothasig af

https://www.son.co.za/Sport/tygers-ransel-bothasig-af-20220131

DIE bofbalspan van Bellville Tygers word net al hoe beter.

Dit was Saterdag baie duidelik op die PP Smit-sportterrein waar Tygers Bothasig met 12-5 in ’n Cape Town Baseball Major League-stryd afgeransel het.

Dit is duidelik dat die span van Allan Phillips (afrigter) die onlangse nederlaag (2-3) teen Maitland Giants gou-gou tot die geskiedenis wil relegeer.

Tygers het met mening in die vyfde beurt teruggeslaan nadat hulle met 0-2 agter was toe Kyle Ettisch die tuisplaat ná ’n veldwerkfout oorgesteek het.

Daarna het die damwal gebreek met nog vyf lopies wat gevloei het. Tygers het in die sewende beurt Bothasig se lot bepaal met nog vyf lopies, toe Jonathan Phillips die telbord aan die rol begin sit het.

Afgestaan

Vir Tygers het Lloyd Stevens en Kevin Townsend die gooiwerk behartig.

Townsend het 27 kolwers getrotseer en net vier houe afgestaan terwyl Stevens geen houe afgestaan het nie. Alan Phillips (1/3), Jonathan Phillips (1/2) en Ettisch (1/3) was Tygers se beste kolwers.

Uitslae:

Major League

Bellville Tygers 12, Bothasig Knights 2; Athlone A 14, VOB Macaws 4; Helderberg Pirates 3, Maitland Giants 10.

Major League Reserve

Bellville Tygers 4, Bothasig Knights 6; Athlone A’s 5, VOB Macaws 4; Helderberg Pirates 6, Maitland Giants 9.

Promotion League

Grassy Park Crusaders 11, Thistle 7; Lavender Hill 5, Westridge Yankees 26; Milnerton Mavericks 25, Lansdowne Eagles 15.

Leave a Reply