A community-focused baseball club for all ages
’N STERBELAAIDE baseball-span van Bellville Tygers reis dié naweek Gqeberha (Port Elizabeth) toe om vier wedstryde te speel.
Die voormalige Springbok-kaptein Bles Kemp sê hulle sal die wedstryde op Londtpark speel.
Een wedstryd word môre beslis en drie Saterdag.
Die Kaapse toerspan speel môre 15:30 teen die EP Elite Masters.
Om 09:00 kom hulle teen ’n gekombineerde span van Pirates en Gelvan te staan voordat Bellville Tygers se jongspan die OP-jongspan 12:00 pak. Tygers en die OP se senior span kom 15:00 in die hoofwedstryd teen mekaar te staan.
Tygers se span sluit voormalige en huidige SA afrigters en spelers soos Kemp, Alan Phillips, Kevin Leak, Paul van der Merwe en ’n hele paar huidige en voormalige SA senior, o. 23- en o. 18-spelers in.
Die toerspan se besoek sal ’n groot inspuiting vir baseball in die OP wees omdat die manne daar behoorlik uitgehonger is vir aksie nadat Covid-19 die sport vir maande lamgelê het.
Die naweek se program is:
Môre 15:30 – Tygers t OP Elite Masters; Saterdag 09:00 – Tygers t Gekombineerde Pirates/Gelvin-span; Saterdag 12:00 – OP-jongspan t Bellville Tygers-jongspan; Saterdag 15:00 – Tygers se seniors t OP se seniors.
Your email address will not be published. Required fields are marked *
Comment *
Name *
Email *
Website
Save my name, email, and website in this browser for the next time I comment.