Sunday, July 3
Cape Town
12.9°C

Tygers troef Athlone in doodsnikke

Tygers troef Athlone in doodsnikke

https://www.son.co.za/Sport/tygers-troef-athlone-in-doodsnikke-20220207

BELLVILLE Tygers het Athlone Tygers op dramatiese wyse met 4-3 uitoorlê in hul Major League-bofbalwedstryd.

Bellville het die sege eers in die negende beurt beklink in Saterdag se stryd in die PP Smit Stadium.

Athlone het in sy negende kolfbeurt die telling met 3-3 gelykop laat trek toe Jordyn Riffel die tuisplaat oorgesteek het ná n veilige rushou van Jaime Laing.

Die tuisspan het egter in daaropvolgende kolfbeurt die wenlopie aangeteken toe Jonathan Phillips oor die tuisplaat gestap het, dit nadat Clayton Manuel ’n vrystap na eerste rus gekry het.

Niyaaz Galant en Dean Jacobs het die gooiwerk vir Athlone behartig. Galant het vir vyf beurte diens gedoen en twee houe afgestaan terwyl Jacobs vir 3.1 beurte die gooiersplaat volgestaan en drie houe afgestaan het.

Lloyd Stevens 1/4, Jonathan Phillips 1/3 en T. Milne 1/4 was Tygers se beste kolwers.

Stevens en Kevin Townsend het die gooiwerk vir Tygers behartig en gesamentlik 10 houe afgestaan.

Athlone se beste kolwers was Jason Carelse 2/4 en Taariq Adams 2/4.

Major League:

VOB Macaws 19, Durbanville Villains 7; Bothasig Knights 7, Maitland Giants 2; Bellville Tygers 4, Athlone Athletics 3

Major League Reserve

VOB Macaws 14, Durbanville Villains 0; Bothasig Knights 7, Maitland Giants 2; Bellville Tygers 5, Athlone Athletics 4

Promotion League

Lansdowne Eagles 0, Thistle 10; Batts-wood 0, Grassy Park Crusaders 11; Milnerton Mavericks 16, Lavender Hill 5.

 

Leave a Reply