Sunday, July 3
Cape Town
12.8°C

Tygers laat VOB les opsê

Tygers laat VOB les opsê

https://www.son.co.za/Sport/tygers-laat-vob-les-opse-20220124

BELLVILLE Tygers se kolwers het ontplof met vyf lopies in hul eerste kolfbeurt om die grondslag te lê vir hul sege van 14-2 oor VOB.

Dié opwindende Cape Town Major League Bofbal-wedstryd is Saterdag op die Chukker Road-sportterrein beslis, met Tygers se kolwers wat deurlopend in beheer van die stryd was.

Die besoekers het sewe houe van die tuisspan se gooiers, Derrick Bayliss (6) en Jason Theys (1) gemoker, met Chris Beyers (2/3) wat drie lopies ingebof het.

Allan Randall (2/2) het ook twee lopies bygedra vir Tygers.

Kevin Townsend en Llyod Stevens het die gooiwerk vir Tygers gedeel. Townsend het drie houe afgestaan terwyl Stevens, wat vir vyf beurte die gooiersplaat volgestaan het, net een hou.

Terwyl VOB met twee lopies in die vyfde beurt teruggeslaan het, was dit nie genoeg om die besoekers enigsins te knou nie, omdat hulle met vyf lopies in die laaste beurt amok gemaak het.

Uitslae:

Major League

Maitland Giants 19, Durbanville Villians 2; VOB 2, Bellville Tygers 14; Bothasig Knights 15, Helderberg Pirates 7.

Reserve League

Maitland Giants 9, Durbanville Villians 0; VOB 7, Bellville Tygers 6; Bothasig Knights 13, Helderberg Pirates 8.

Promotional League

Grassy Park Crusaders 11, Lansdowne Eagles 0; Westridge Yankees 15, Milnerton 2; Battswood 20,s Lavender Hill 4

Leave a Reply